Wie is ons

Dis vir my baie spesiaal om jou by NG Kerk Benoni se webwerf te verwelkom! Met hierdie inligting wil ons jou graag bekendstel aan ons gemeente en ons bedieninge. NG Kerk Benoni is ‘n voorstedelike gemeente wat graag ‘n verskil wil maak in ons omgewing. Ons wil graag hier die Blye Boodskap vir vandag se mense bring. Ek vertrou dat “Ons Kerk” vir jou ’n tuiste sal wees!